Sondag oggend gaan ons kerktoe. Kom pak daarna 'n piekniek mandjie en gaan geniet dit in Little Shoal Bay (so 5 min se ry van die huis af). Die brug verbind die North Shore met Auckland middestad.
Donderdag en Vrydag doen ons nie veel nie. Slaap maar net die Jetlag af en kuier saam. Saterdag begin daar weer bietjie lewe kom. Die middag ry die kinders met ons na Browns Bay. Dit is ook 'n voorstad van Auckland so 10 min se ry van Glenfield. Hier is 'n sameloop van SA'ners. Selfs 'n SA-Winkel waar ons Lewensessens kon koop (na al die ryk etery van die afgelope paar dae).
Ons kom aan in Auckland New Zealand. Oppad uit - tussen die vliegtuig en die doeane - staan dromme met die nota daarop: "Declair or drop". 'n Doane "antie" kom ewe (so asof sy die kat se snor is) met haar Klein hondjie en die snuffel almal se bagasie deur - waar hy nie kan by nie tel sy hom sowaar op en sit hom bo by die bagasie. By die doeane punt word ons net gevra: anything to declair? en daar gaan ons. Hier wag Jacques ons in - wat 'n lekkerte om hom te sien. Anina moes vir Anja by die skool optel en wag vir ons tuis. Die rit van die lughawe tot die huis is ongeveer 40 Km. 'n Wonderlike ontvang wag op ons. Geskenke wag op ons bed. Ons babbel en babbel en babbel. Nie lank tuis nie of die Buurvrou kom ook groet met 'n druk en 'n soen asof ons mekaar van oujare af ken! Toe sy rukkie later met haar man oor die foon praat se hy hy dink hy kom ook maar huistoe - om ons te groet.
Die Singapore lughawe is ontsaglik groot. Verbeel jou iets soos tenminste tien Tygervallei in 'n blok. So groot - hulle het hul eie treinstelsel. Op die een foto kan jy sien hoe twee treine mekaar kruis. Die mense van Singapore is baie behulpsaam en dis 'n mooie stad/eiland. Ongelukkig kry ek maar ongeveer 2 uur slaap in deur die loop van 48 uur. Jan verloor my op die lughawe, want behalwe die groote is dit ook 'n hele paar verdiepings hoog.
Moeilik om te glo, maar ja dis waar. Meer as 'n uur voor die tyd is ons gereed en sit en wag vir Juan en Fran. Hulle neem ons lughawe toe en nadat al die papierwerk en rompslomp afgehandel is, kuier ons lekker saam