Sunday, February 22, 2009

New Zealand hier kom ons

Ons kom aan in Auckland New Zealand. Oppad uit - tussen die vliegtuig en die doeane - staan dromme met die nota daarop: "Declair or drop". 'n Doane "antie" kom ewe (so asof sy die kat se snor is) met haar Klein hondjie en die snuffel almal se bagasie deur - waar hy nie kan by nie tel sy hom sowaar op en sit hom bo by die bagasie. By die doeane punt word ons net gevra: anything to declair? en daar gaan ons.
Hier wag Jacques ons in - wat 'n lekkerte om hom te sien. Anina moes vir Anja by die skool optel en wag vir ons tuis. Die rit van die lughawe tot die huis is ongeveer 40 Km. 'n Wonderlike ontvang wag op ons. Geskenke wag op ons bed. Ons babbel en babbel en babbel. Nie lank tuis nie of die Buurvrou kom ook groet met 'n druk en 'n soen asof ons mekaar van oujare af ken! Toe sy rukkie later met haar man oor die foon praat se hy hy dink hy kom ook maar huistoe - om ons te groet.

1 comment:

  1. Klink of julle doeane maklik deur is.
    Anina hulle is seker baie bly julle het kom kuier en klein kind ook.
    Klink of Bure en so graag julle wou ontmoet.

    Geniet alles en vertel ons alles.

    ReplyDelete