"Haere Mai" beteken:
Welkom in:
Het nooit kon dink
dat mens verwelkom
moet word by grafte.

Die Maories woon
tussen die blankes,
maar daar is dele
waar die grond aan
hulle behoort en
waar hulle reels geld.

Teen hierdie heuwel
le die belangrikste
persone bo en hoe
laer die rangorde van
die families hoe laer
teen die heuwel word
hulle begrawe.
Dankie tog dat daar
geen rangorde voor
my Here Jesus geld.
No comments:
Post a Comment